Robert Oppenheimer

J. Robert Oppenheimer
J. Robert Oppenheimer in 1944

Geboortenaam Julius Robert Oppenheimer
Gebore (1904-04-22)22 April 1904
New York Stad
Oorlede 18 Februarie 1967 (op 62)
Princeton, New Jersey
Nasionaliteit Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vakgebied Teoretiese fisika
Doktorale promotor(s) Max Born
Bekend vir Manhattan-projek
Handtekening

Julius Robert Oppenheimer (22 April 1904 – 18 Februarie 1967) was 'n Amerikaanse teoretiese fisikus van Joodse afkoms en professor in fisika aan die Universiteit van Kalifornië, Berkeley.

Hy word dikwels gesien as die "vader van die atoombom" vir sy rol in die organisasie van die Manhattan-projek, die navorsings- en ontwikkelingsonderneming wat die eerste kernwapens geskep het.

Die eerste atoombom is op 16 Julie 1945 in Nieu-Meksiko ontplof; Oppenheimer het later opgemerk dat hy gedink het aan woorde uit die Bhagavad Gita: "Now I am become Death, the destroyer of worlds."[1]

  1. Hijiya, James A. (Junie 2000). "The Gita of Robert Oppenheimer" (PDF). Proceedings of the American Philosophical Society. 144 (2). ISSN 0003-049X. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 26 November 2013. Besoek op 20 Augustus 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search